Forest Path
Die storie van 'Die Pers Wortel'
is nou beskikbaar!

Die storie agter die storie

Die Swaeltjiewoud Avonture is geïnspireerd deur die Erasmus gesin se ontdekking van tuinmaak en 'n volhoubare leefstyl terwyl hulle 'n organiese plaas op hulle plot in Zwavelpoort in die Ooste van Pretoria, Suid-Afrika, op die been bring.

 

Kom saam met Anje, Mia, Lumé en Annabelle op 'n avontuur om meer te leer oor die natuur, groentetuin maak en baie meer... 

Resensies

Janet Kieswetter, Kieswetter Klaskamer

Wat 'n pragtige storie! Dit smaak na gesondheid en goedheid! Ek het dit SO baie geniet!

Lief jou gebruik van Afrikaans. Die woorde is so sappig en heilsaam soos die groente waaroor hulle gaan. Ek het baie geleer! Die feite is deur die storie geweef en dit voel nie te veel of ongewens nie. Inteendeel, ek raak slimmer soos ek lees!