V&A

Gereelde Vrae Beantwoord

Hoe word ek deel van die Swaeltjiewoudgemeenskap?


Vul gerus jou eposaddres onder aan die bladsy in om op ons eposlys te wees. Ons hou jou dan op hoogte van enige nuwe produkte of aktiwiteite hier by Swaeltjiewoud.




Waar is Swaeltjiewoud en kan ons kom kuier?


Swaeltjiewoud is 'n regte organiese plaas in ontwiikeling in die ooste van Pretoria in Swavelpoort. Ons wag net vir al die vrugtebome wat ons geplant het om te groei en nog bietjie mannekrag om op die been te kom en dan nooi ons julle almal uit om te kom aarbeie pluk en piekniek om die dam.




Wanneer sal die volgende boeke beskikbaar wees?


Martie het reeds 'n lys van planne en stories in haar mou, so hou die spasie dop. Die bordspeletjie is volgende in die ry, gevolg met 'n paar oulike plakkate en dan die tweede boek in die reeks. Dit belowe om 'n wonderlike avontuur te wees.