Aflewering en Terugsendings

Aflewering

Produkte kan afgehaal word in Zwavelpoort in die ooste van Pretoria, Gauteng. Die fisiese addres sal bevestig word sodra bestelling met betaling gefinaliseer word).  

Produkte kan deur Pep Paxi afgelewer word by enige Pepwinkel in Suid-Afrika teen die tarief wat hulle op daardie stadium handhaaf. Dit sal vir die kliënt se rekening wees. 

Terugsendings

Indien jy nie met jou aankope tevrede is nie, kan die produk aan Swaeltjiewoud teruggestuur word. Dit is onderworpe aan die bepalings en voorwaardes soos onder uiteengesit. 

Die produk moet onbeskadig en ongebruik wees in die oorspronklike verpakking. Die verpakking moet ook onbeskadig wees en steeds verseël (waar toepaslik). Geen dele van die produk moet ontbreek nie.

Die terugsending moet per epos aan hallo@swaeltjiewoudavonture.co.za aangemeld word binne 14 dae vanaf die afleweringsdatum.

Om seker te maak dat jou versoek so gou as moontlik verwerk word, is jy vir die volgende stappe verantwoordelik met betrekking tot die terugstuur van jou produkte.

1. verpak jou produkte sodat dit veilig is terwyl dit vervoer word

2. bring die verwysingsnommer op die buitekant van die pakkie aan.

3. sluit alle dele en bykomstighede wat saam met die produk verkoop is, in.

Indien jy versuim om aan hierdie vereiste te voldoen kan die verwerking van jou versoek vertraag of heeltemal geweier word.