Search

Die Avontuur het begin...

Updated: Dec 1, 2020

Ons skop hierdie Desember af met 'n Adventskalender geïnspireerd deur die Here se skepping. Laai solank jou dokument verniet af met die promosie kode Christusfees2020, gaan koop die paar goedjies wat jy benodig, en dan sien ons julle môre vir dag een van ons kunsvlyt avontuur om as gesin die geboorte van ons Verlosser te vier.


Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar! Al die gejaag en planne van die jaar raak nou rustig en ons begin ons oë rig op die wonderlike viering van Jesus se geboorte.

Ons nooi julle graag uit om saam met ons die 24 dae voor Kersdag die natuur te begruik as inspirasie en jou eie Advent Kalender bymekaar te sit.


Plan van Aksie:


1. Skep ‘n spesiale ruimte in jou huis waar jy en jou kinders ‘n unieke toneel gaan uitpak om die verhaal van Jesus se geboorte uit te beeld. Die spasie wat ek gebruik het om uit te stal is so 1x 600mm, maar jy kan gerus jou opstel en afmetings aanpas volgens die spasie wat jy beskikbaar het. Ons wil graag iets van die dak af hang, so hou dit in gedagte as jy die plek uitkies (as dit nie moontlik is in jou spasie nie, kan jy jou sterre teen die atergrond sit – pas dan net dag 4 se aktiwiteit daarvolgens aan).


2. Kry die lys van benodighede vooraf gereed sodat jy nie hoef winkel toe te jaag net om die dag se aktiwiteit te doen nie. Ek het probeer om die aktiwiteite te beperk tot dinge wat meeste mense in die huise het, maar ek kon myself nie help met van die oulike projekkies nie. Kyk veral mooi na jou direkte omgewing. As jy maklik stokkies, blare, klippies ens. In jou tuin beskikbaar het kan jy ontspan, maar indien jy dalk ‘n klein tuin het kan jy op ‘n natuur uitstappie met die kinders gaan en spesifiek gaan voorraad bymekaar maak.

Ons maak gebruik van eetbare blomme in die bak-en-brou aktiwiteite. As jy nie van hierdie blomme naby beskikbaar het nie, gaan koop vir jou ‘n bakkie met saailinge en plant dit lekker saam met jou kinders (in ‘n pot of in ‘n bedding) voordat julle met die projek afskop. Jy sal nie spyt wees nie. Blomme lok skoenlappers en vrolik jou tuin of enige vensterbank so mooi op.


3. Geniet die tyd om saam met jou kinders te ontspan in die natuur en die Here in die detail raak te sien. Mag julle verhoudings verdiep en koester elke oomblik wat jy met jou jongspan kan tyd spandeer.

As jy ‘n mooi Bybelboek het wat die storie van Jesus se geboorte mooi uitbeeld kan jy dit sommer aan die begin van die projek vir hulle lees sodat hulle mooi verstaan waar elke deel van die storie inpas. Kyk uit vir die lys van voorstelle van boekies indien jy dalk ‘n boekie wil aanskaf.


Groete in Christus









Wil jy deel wees van die Swaeltjiewoud gemeenskap?

Maak seker om jou eposaddres hier onder in te vul om op hoogte te bly van die nuutste aktiwiteite en inspirasies uit die Swaeltjiewoud.



#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender

83 views0 comments

Recent Posts

See All