Search

Natuur Adventskalender Dag 14

Hy moet Johannes genoem word

Toe die tyd aangebreek het vir Elisabet se kind om gebore te word, het sy ’n seun in die wêreld gebring. Die nuus het vinnig onder haar bure en familie versprei dat die Here Hom oor haar ontferm het en almal was saam met haar bly. Toe die kindjie agt dae oud was, het al die familie en vriende bymekaargekom vir sy besnydenis. Hulle wou hom Sagaria noem, na sy pa. Maar Elisabet het gesê: “Nee! Sy naam is Johannes!”


“Maar daar is dan niemand in jou familie met die naam nie,” het hulle gesê. Met gebare vra hulle toe die kindjie se pa. Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”


Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys. Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.

Lukas 1:57-66

Wyse Manne


Jy benodig:

3 Toiletrol houertjies

Tekenkryte, potlode of viltpenne

Blare

Tou

Stukkies lap

Blinkertjies


Konstrueer drie pragtige wyse manne met die benodighede

Ons het krone uit die toiletrolhouers uitgeknip

Waterverf werk lekker op die karton

Die blinkertjies laat die wyse manne ‘n koninklike gevoel gee

Posisioneer hulle aan die regterkant van die toneel


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag14

6 views0 comments

Recent Posts

See All