Search

Natuur Adventskalender Dag 15

Sagaria juig oor die koms van die Verlosser

Sy pa, Sagaria, is hierna met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê:

“Prys die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk opgesoek en hulle gered.


Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuur uit die koninklike geslag van sy dienaar Dawid, soos Hy lank gelede deur sy heilige profete beloof het. Nou sal ons van ons vyande gered word en van almal wat ons haat.


Hy was genadig teenoor ons voorvaders en Hy het sy heilige verbond met hulle onthou, die eed wat Hy teenoor Abraham ons voorvader gesweer het dat Hy sou sorg dat ons, gered van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien in toewyding en geregtigheid vir altyd.


En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal die pad

van die Here voorberei. Jy sal sy volk vertel hoe om verlos te word: deurdat hulle sonde vergewe word. Vanweë God se tere ontferming is die lig van die hemel

op die punt om oor ons te skyn, om lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe, en om ons te lei op die pad van vrede.”


Johannes het groot en sterk geword in die Gees. Hy het in die woestyn gewoon totdat hy sy bediening onder Israel begin het.

Lukas 1:67-80

Die Kamele

Jy benodig:

3 Ligte Bruin A5 kartonne

Blare

Bruin verf

Skêr

Swart viltpen

Ses Korrelogies (Googly eyes)

Tou

Gom


1. Vou jou karton in die helfte sodat dit kan regop staan

2. Teken die buitelyne van ‘n kameel

(ons het sommer ‘n klein handjie gebruik om die vorm maklik te kry)

3. Druk blare in die verf en maak blaarafdrukke in die vorm van die kameel

4. Knip die kameel uit, maak seker om nie die gevoude kant van die bladsy los te knip nie

5. Plak korrelogies aan weerskante van die gesig en bind vir elkeen ‘n tou om die nek.

6. Posisioneer jou kamele by die wyse manne aan die regterkant van die toneel.


(As die verf jou karton laat buig kan jy dit net versigtig terugbuig as dit droog is, sodat die kameel mooi regop kan staan.



#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag15

10 views0 comments

Recent Posts

See All