Search

Natuur Adventskalender Dag 17

Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde

vir almal in wie Hy ’n welbehae het.”


Toe die engele teruggegaan het na die hemel, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan Betlehem toe om te sien watter wonderlike ding gebeur het, soos die Here dit aan ons bekendgemaak het.”


Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink. Die skaapwagters het teruggegaan na die veld en hulle kuddes terwyl hulle God loof en prys oor wat die engele vir hulle vertel het, en omdat hulle die Kind gesien het, net soos die engel gesê het.

Lukas 2:13-21

Blom Suigstokkies

Jy benodig:

Silikon suigstokkie gietstuk

(as jy een het - ons het ‘n mini-kolwyntjie pannetjie gebruik, maar dan moet die stokkies eers aan die einde skuins ingedruk word)

Gedroogte blomme

Deurskynende harde suig lekkertjies

(Ons kon net geel lekkers kry, maar die deursigtige lekkertjies sal die blom die beste vertoon)

Plastiekstokkies

Waspapier


1. Voorverhit oond to 120 C en sit silicon gietstuk op ‘n bakplaat neer

2. Plaas stokkies in elke streepgaatjie

(indien jy ‘n regte suigstokkie gietstuk gebruik)

3. Smeer holtes van die pan met botter en posisioneer blommetjies gesiggie af in elke gaatjie.

4. Plaas twee of drie harde lekkertjies in elke bakkie (toets dalk eers een om te kyk

hoeveel lekkertjies sal een gaatjie opvul)

5. Plaas die bakplaat in die oond en bak vir 20-50 min, of tot die harde lekkertjie heeltemal gesmelt het

6. Indien nodig, draai die stokkie in die rondte om seker te maak die gesmelte suiker het die hele stokkie bedek. 7. Laat die lekkertjies heeltemal afkoel en verhard voordat jy dit uit die holtes uithaal – dit behoort minder as 30minute te neem

8. Suigstokkies moet dadelik geëet word of in

‘n selofaan-sakkie toegedraai word om te verehoed dat dit taai word

9. Ons het ook ekstra lekkers sonder stokkies gemaak en in waspapier toegedraai vir ‘n oulike geskenk


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag17

8 views0 comments

Recent Posts

See All