Search

Natuur Adventskalender Dag 19

Die profetes Anna is oorstelp oor die koms van die beloofde Koning

Anna, ’n profetes, was ook daar in die tempel. Sy was die dogter van Fanuel uit die stam van Aser, en sy was baie oud. Sy was ’n weduwee; haar man is oorlede toe hulle nog maar net sewe jaar getroud was.


Sy was nou 84 jaar oud. Sy was nooit weg van die tempel af nie en het dag en nag daar gebly en God gedien met vas en gebed. Sy het daar aangekom net toe Simeon met Maria en Josef gepraat het, en sy het God begin prys. Sy het oor Jesus gepraat met almal wat verlang het na die bevryding van Jerusalem.


Toe Jesus se ouers al die vereistes van die wet van die Here nagekom het, het hulle teruggekeer na hulle dorp, Nasaret in Galilea. Daar het die Kindjie sterk en gesond grootgeword. Hy was vervul met wysheid, en God se guns was op Hom.

Lukas 2:36-40

Maria & Josef

Jy benodig:

2 toiletrolhouers

blare / lappies

gom

skêr

tekenkryte, potlode of viltpenne


Konstrueer julle Maria en Josef

Plaas hulle in die toneel voor die stal


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag19

5 views0 comments

Recent Posts

See All