Search

Natuur Adventskalender Dag 2

En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook

tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is

as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely:


“Jesus Christus is Here!”


En só sal God die Vader verheerlik word!


Julle moet ligdraers in ’n donker wêreld wees

My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê!


Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei. Dan, wanneer Christus terugkom, sal ek tevrede wees dat ek nie verniet gejaag en geswoeg het nie. Selfs al word my lewe soos ’n drankoffer uitgegiet bo-op die offer van julle gelowige diens aan God, is ek bly daaroor en wil ek saam met julle almal bly wees daaroor. Laat my vreugde hieroor ook julle vreugde wees!

Fillipense 2:8-18


Die Natuur se Verfkwaste

Jy benodig:

Stokkies

(soveel soos wat jy kwaste wil maak)

Blare, blomme, sagte takkies,

dennenaalde of iets soortgelyks

Gom

Rekkies of wol om als in plek te hou


Rangskik jou blare, blomme of sagte takkies om die een punt van die stok.

Gom en bind vas sodat jou kwas kan sterk genoeg wees om te verf.

Wag tot die gom mooi droog is voordat jy begin verf.

Verf nou gister se karton net soos wat jy wil met skakerings van groen, wit en bruin.


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag2

16 views0 comments

Recent Posts

See All