Search

Natuur Adventskalender Dag 21

Jesus die Messiaskoning – sy herkoms uit God én uit mens

Dit is hoe Jesus Christus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef. Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was deur die Heilige Gees.


Josef, haar verloofde, was in ’n dilemma. Aan die een kant was hy ’nwetsgehoorsame man; aan die ander kant wou hy haar die openbare skande spaar. Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek. Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees. Sy sal aan ’n Seun geboorte gee, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes red.” Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom:


“Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.”(Hierdie naam beteken: God is by ons.)


Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Mattheus 1:18-25

Baba Jesus in 'n Krip

Jy benodig:

Toiletrol

Gras

Klippies

Lap

Blare

Twee Korrelogies (Googly Eyes)

Knip en vou ‘n Toiletrol om ‘n krip te vorm

Plaas klippies (vir stabiliteit) en gras onderin die krip

Plak vir baba Jesus met klippies en korrelogies aanmekaar en sit hom in die krip

Plaas jou krip voor Maria en Josef in die toneel


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag21

2 views0 comments

Recent Posts

See All