Search

Natuur Adventskalender Dag 23

Josef vlug met sy gesin Egipte toe

Ná die vertrek van die sterrekundiges verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en vlug met die Kindjie en sy ma na Egipte toe. Bly daar tot ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes gaan die Kindjie probeer doodmaak.”


Josef het toe opgestaan en nog daardie selfde nag met die Kindjie en sy ma na Egipte toe vertrek. En hulle het daar gebly tot Herodes se dood. So is vervul wat die Here deur die profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”


Herodes vermoor alle seuntjies onder twee jaar

Toe Herodes agterkom dat die sterrekundiges hom uitoorlê het, was hy siedend van woede. Hy het soldate gestuur om in en rondom Betlehem al die seuntjies van twee jaar en jonger om die lewe te bring. Hy het die twee jaar bereken volgens die tyd wat hy by die sterrekundiges vasgestel het. Daarmee is Jeremia se uitspraak vervul:


“’n Smartkreet word gehoor in Rama,’n gesnik en ’n bitter geklaag.Ragel huil oor haar kinders. Sy wil maar net nie vertroos word nie, want hulle is dood.”

Mattheus 2:13-18

Liggies

Jy benodig

2 klein ballonne

Swart viltpen

Houtlym gemeng met bietjie water

Verfkwaste

Handoekrol of papier in strokies gesny

Blommetjies/blare

2 Teekersies


1. Blaas die balonne bietjie groter as ‘n lemoen op en knoop

2. Teken ‘n lyn om die balon in die helfte te deel

3. Druk die stukkies handoekrol in die houtlym en plak vas

aan die ronde helfte van die ballon

4. Verf die blommetjies vas met gom

5. Los die papiergom bakkies om mooi droog te word en pop dan die ballon

6. Plaas ‘n teekersie in elke bakkie en posisioneer

dit op die voorste hoeke van jou toneel


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag23

4 views0 comments

Recent Posts

See All