Search

Natuur Adventskalender Dag 24

Josef keer met sy gesin uit Egipte terug

Ná Herodes se dood verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê vir hom: “Staan op en neem die Kindjie en sy ma terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie om die lewe wou bring, is dood.”


Josef het dadelik met die Kindjie en sy ma vertrek en hy het in die land Israel aangekom. Toe hy egter hoor dat Argelaus koning geword het in sy pa, Herodes, se plek, het hy bang geword om na Judea te reis. Omdat God hom in ’n droom so beveel het, het hy toe na die omgewing van Galilea vertrek. En so het hy hom gaan vestig in ’n dorp met die naam Nasaret.


Daarmee is die uitspraak van die profete vervul dat die Messias ’n Nasarener genoem sou word.

Mattheus 2:19-23


Vertel die Verhaal

Kry jou videokamera gereed en laat die kinders vir ons die storie vertel van Jesus se geboorte

Mag hierdie tyd vir julle ‘n seëning en ‘n belegging wees

Mag julle kinders jare later nog vertel van die Kersfees wat julle die hele storie self gemaak het en hoeveel pret hulle gehad het.


Onthou: Jesus het aarde toe gekom vir jou en vir my, en sodat ons lewe in oorvloed kan hê!

#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag24

3 views0 comments

Recent Posts

See All