Search

Natuur Adventskalender Dag 3

Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.

Jasaja 7:14


Bou 'n Stal

Jy benodig:

Minstens 11 stokkies wat ewe dun is maar verskillende lengtes.

Houtlym (Ponal)

Tou

Blare

‘b Boek met koerantpapier (as jy die blare wil pars)


Gom en/of bind jou stal aanmekaar - wees kreatief met die vorm. Hierdie is net ‘n voorbeeld - laat die kinders self bou en kyk wat gebeur.

(die tou help om ‘n stabiele struktuur te vorm terwl die gom droog word)

As jy jou blare vir die dak wil pars gaan die so 2-3 weke neem, so plaas dit in die boek en plaas dit op die stal se dak sodra dit reg is.

Gaan plaas jou stal in die middel van jou toneel vêr terug teen die agterkant.


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag3

7 views0 comments

Recent Posts

See All