Search

Natuur Adventskalender Dag 5

"Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here, die Almagtige, sal dit waarborg."

Jesaja 9:6-7


Ontdek die Here se Skepping

Gaan op ‘n natuur uitstappie en hou ‘n skattejag.


Hier is vir jou 2 opsies wat jy kan gebruik, maar voel vry om jou eie variasie te doen soos die omgewing julle toelaat.

Onthou om ‘n skêr en gom byderhand te hou.


Reënboog Soektog:

Druk die aktiwiteit uit op papier en plaas in ‘n ‘Clipboard’.

Soek al die kleure van die reënboog in die natuur en plak dit op die kleure vas.


Natuur skattejag:

Druk die aktiwiteit uit op papier en plaas in ‘n ‘Clipboard’.

Soek al die items op die lys en merk dit af. Voel vry om ‘n mandjie of emmertjie saam te neem vir enige spesiale ontdekkings.


(Drukbare items is op die laaste bladsye van die aflaaibare Adventskalender)


#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag5

10 views0 comments

Recent Posts

See All