Search

Natuur Adventskalender Dag 9

’n Noukeurig nagevorste verhaal

Hooggeagte Teofilus:

Baie mense het probeer om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het as inligtingsbron die verhale gebruik wat die eerste ooggetuies en dienaars van die Woord aan ons oorgelewer het. Nadat ek al hierdie verhale van voor af noukeurig ondersoek het, het ek besluit om ’n getroue samevatting daarvan vir u neer te skryf. Dit is om u te verseker van die betroubaarheid van alles wat u geleer is.


Johannes die Doper se geboorte aangekondig

Dit het alles begin by ’n Joodse priester, Sagaria, gedurende die tyd toe Herodes koning van Judea was. Hy was lid van die diensgroep van Abia. Sy vrou, Elisabet, het ook uit die priesterlyn van Aäron afgestam.


Sagaria en Elisabet het reg gelewe voor God: hulle het al die Here se bevele en voorskrifte nagekom. Hulle het nie kinders gehad nie omdat Elisabet onvrugbaar was en hulle albei al oud was.


Eendag was Sagaria besig om God in die tempel te dien, want sy diensgroep was dié week aan diens. Volgens die gewoonte van priesters is hy deur die lot aangewys om die heiligdom in te gaan en wierook op die altaar te brand. Terwyl die wierook gebrand het, het ’n groot skare buite gestaan en bid.


Terwyl Sagaria in die heiligdom was, verskyn ’n engel van die Here aan hom, regs van die wierookaltaar. Sagaria het hom lam geskrik toe hy die engel sien. Maar die engel sê: “Moenie bang wees nie, Sagaria, want God het jou gebed gehoor en jou vrou, Elisabet, sal vir jou ’n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem.


Julle sal vreugde en jubelende blydskap hê en baie mense sal saam met julle bly wees oor sy geboorte, want hy sal groot wees in die oë van die Here. Hy moet nooit aan wyn of sterk drank raak nie en hy sal nog voor sy geboorte met die Heilige Gees vervul wees. Hy sal baie Israeliete oortuig om om te draai na die Here hulle God toe. Hy sal die gees en krag hê van Elia, die profeet van ouds, om voor die Here uit te gaan, om pa’s met hulle kinders te versoen, om ongehoorsames op die regte pad te bring en om só vir die koms van die Here ’n volk gereed te maak.”

Lukas 1: 1-17

Bak Blom Koekies



Jy benodig:

500ml Koekmeel

(jy kan ook ‘n glutenvrye meel gebruik)

125ml Strooi suiker

(en ekstra om te strooi)

2ml Sout

250ml Botter, sag

10ml Vanillageursel

125ml Neute (opsioneel)

Eetbare blomme – gesiggies, viooltjies, kappertjies, komkommerkruid werk goed


1. Pars die blommetjies vir 30min tussen koerantpapierlagies in ‘n swaar boek.

2. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier

3. In ‘n groot mengbak, klits die meel, suiker en sout saam. Vorm ‘n gaatjie in die middle van die mengsel en voeg dan die botter en vanilla by. Meng goed met ‘n lepel.

4. Voeg neute by en meng goed met die hande totdat die deeg mooi glad is.

5. Vou mooi toe in plastiek en plaas in die yskas vir tien minute.

6. Voorverhit jou oond tot 190 C

7. Verwyder die deeg van die yskas en plaas tussen twee lagies waspapier.

Rol die deeg ongeveer 7mm dik en sny vorms uit met ‘n koekiedrukker.

8. Verwyder enige harde stingeltjies van die blomme versigtig. Plaas die blomme op die koekies en druk versigtig vas in die deeg.

9. Bak op die middelste rak van jou oond. Kleiner koekies bak 8-9minute, groter koekies bak vir 10-12minute totdat die randjies van die koekies goudkleurig raak. Verwyder van die oond en strooi dadelik bietjie strooisuiker oor elke koekie.

Laat afkoel…en geniet!

#Swaeltjiewoud #NatuurAdventskalender #NAKDag9

5 views0 comments

Recent Posts

See All