Swaeltjiewoud Avonture vertel die stories van vier sussies wat in die bos woon en van die land af leef. Hulle groei hulle eie organiese groente, melk bokke, voer hoenders en maar heerlike kos. Hulle maak gereeld nuwe ontdekkings terwyl hulle leer watter geheime die natuur alles inhou. 

 

Wanneer Anje een oggend in die bos gaan stap weet sy nog nie wat die ontdekking van 'n pers wortel alles vir haar sal inhou nie...

Swaeltjiewoud Avonture - Die Pers Wortel

SKU: SWA0001
R190,00Price
  • Hierdie is 'n "Science Living Book'. Verskoon die Engels, maar die Afrikaans vat nie mooi die konsep vas nie. Die Swaeltjiewoud Avonture is gebaseer op werklike wetenskaplike studie van die natuur wat in 'n storieformaat aan die jonger kind voorgestel word.

    Die afmetings is 160 x 230mm. 

    Dis 'n volkleur boek met pragtige illustrasies deur die skrywer.

    Dit word in Suid-Afrika gepubliseer en gedruk.

  • Produkte kan afgehaal word in die Ooste van Pretoria (addres sal bevestig word sodra bewys van betaling ontvang is). 

    Pos-opsies is ook beskikbaar en sal individueel met die klient bespreek word.