Verkoopsbeleid

Kliëntediens

Swaeltjiewoud PTY (Ltd) poog om die beste diens aan elke kliënt te lewer en sal graag van jou wil hoor.

Kontak ons gerus by hallo@swaeltjiewoudavonture.co.za vir komplimente, klagtes of voorstelle.

Ons sal ook graag wil hoor of jy enige idees het hoe om ons diens en aanbiedinge te verbeter, so stuur asb vir ons 'n epos.

Privaatheid en Veiligheid

Swaeltjiewoud PTY (Ltd) is daartoe verbind om die privaatheid te beskerm van alle besoekers van ons webtuiste. Deur hierdie webtuiste te besoek en/of produkte/dienste daardeur te bestel, verleen u toestemming tot die verkyging, gebruik en oordrag van u inligting soos wat uiteengesit is in hierdie beleid.

 

1. INLIGTING WAT ONS VAN U VERKRY

Wanneer u die webwerf besoek of ’n bestelling deur die webwerf maak, kan u gevra word om inligting oor uself te verskaf wat u naam, kontakbesonderhede en betaalbesonderhede soos u krediet- of debietkaartinligting kan insluit. Ons kan ook inligting van u verlang oor u gebruik van die webwerf, en inligting verkry uit die boodskappe wat u op die webwerf plaas en die e-posse of briewe wat u aan ons stuur.

2. GEBRUIK VAN U INLIGTING

U inligting sal ons in staat stel om u toegang te gee tot die toepaslike dele van die webwerf en om die dienste te verskaf wat u aangevra het. Dit sal ons ook in staat stel om u rekening te stuur en om u te kontak met betrekking tot ons dienste/produkte indien nodig. Ons sal ook die inligting wat ons verkry, gebruik en analiseer sodat ons ons besigheid daardeur kan administreer, ondersteun, verbeter en ontwikkel vir enige ander doel hetsy statisties of analities, en om bedrog te help voorkom. Waar toepaslik sal u nou en in die toekoms u voorkeure kan uitspreek vir die gebruik van u data soos uiteengesit in hierdie privaatheidsbeleid. U gekose metode vir die gebruik van ons dienste kan dan toegepas word soos byvoorbeeld deur mobiele toestelle, mobiele toepassings of enige voorstelling van ons webwerf. 

Ons kan u inligting gebruik om u te kontak vir u mening oor ons dienste en om u van tyd tot tyd in kennis te stel van belangrike veranderings aan of ontwikkelings van die webwerf of ons produkte en dienste.

Waar u dienooreenkomstig aangedui het, stem u in dat ons u inligting mag gebruik om u per pos, telefoon, mobiele boodskappe (soos SMS’e, MMS’e, ens.) en e-pos in te lig oor ons ander produkte en dienste wat vir u van belang mag wees insluitende dienste wat direk bemark word.

3. OPENBAARMAKING VAN U INLIGTING

Die inligting wat u aan ons verskaf, sal oorgedra word na ons bedieners en daarop gestoor word.

Derde partye verwerk inligting soos kredietkaartbetalings en voorsien betaalverwante ondersteuningsdienste aan ons. Dit mag nodig wees dat ons bykomend u inligting aan enige derdeparty-diensverskaffers moet voorsien indien dit verlang word om ’n diens te kan lewer wat deur u versoek word. Deur u persoonlike data in te dien, stem u in tot hierdie oordrag, stoor of verwerking van u data. Swaeltjiewoud PTY (Ltd) sal alle stappe neem wat redelikerwys nodig is om te verseker dat u data veilig en in ooreenstemming met hierdie privaatheidsbeleid hanteer word.

4. VERANDERING VAN ONS PRIVAATHEIDSBELEID

Enige veranderings aan ons privaatheidsbeleid sal op die webwerf geplaas word en, waar toepaslik, sal kennisgewings per e-pos gestuur word.

5. KONTAKBESONDERHEDE

Alle kommentaar, navrae en versoeke rakende ons gebruik van u inligting word verwelkom en moet gerig word aan hello@swaeltjiewoudavonture.co.za

Groothandelnavraag

Kontak gerus vir Martie Erasmus by hello@swaeltjiewoudavonture.co.za vir enige navraag rondom groothandelnavraag.

Betalingsmetodes
 

Elektroniese oorbetalings (EFT's)

Bank besonderere mal op u faktuur version. Sodra buys van betaling ontvang word, sal u bestelling verwerk word.