Aerial Forest

Wie is ons?

IMG_9319.JPG
- Die Erasmus-gesin -

In 2015 trek die Erasmus gesin na 'n plot in Zwavelpoort in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Die avontuur wat daar op hulle wag sou niemand ooit kon raai nie.

 

Pappa Christo het leer bou, sonpanele self installeer en selfs elektriese werk doen. Mamma Martie het leer groentetuin maak, bak haar eie brood, maak yogurt en begin tuisskool. Ammie, Milla, Lente en Ava leer elke dag meer van die natuur en hulle self. 

Bo alles leef hulle elke dag uit die Here se hand en dra alles wat hulle het aan Hom op.

IMG_9117.JPG
- Martie Erasmus, Skrywer en Illustreerder -

Met Martie se grade in Inligtingsontwerp (UP) en Modeontwerp (LISOF) is daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie huis nie. Hulle dae word gevul met teken, verf, stories lees, liedjes sing en báie konserte. 

Sy geniet dit om tyd in die natuur te spandeer en om al die nuutste neiging in die organiese boerdery veld te bestudeer. Haar hart is om die beste helper vir haar man te wees en haar kindertjies in die Here se weë groot te maak sodat hulle van kleinsaf ook vir ander van Jesus kan vertel.